heading-iconWelcome to Kgetleng Onze Nuus

 Onze Nuus-Newspaper based in Koster was established in  June 2012.  A 16 - 20 pager, A3 full colour format, gets printed by Rising Sun Printers during the last week of each month.

We distribute from the1st, 5000 copies in areas; Swartruggens, Koster, Derby, Boons, and Ventersdorp, including Rustenburg by delivering personally to places of importance:  chain stores, bottelstores, sortclubs, petrol stations, schools, old age homes, functionvenues, business centrums and auctions.

We are mainly targeting the farming community.  The biggest part of the above mentioned community is well established maize and cattle farms where the closest town to fulfill their direct shopping needs are Rustenburg.  That is the important fact:  "Why to advertise with Onze Nuus."


heading-iconWhy advertise with us

Waar anders kan jy vir hierdie bedrag in die Onze Nuus gemeenskapskoerant adverteer?

Ons gewone tarriewe:

Geklassifiseerd:  30mm x 50 mm - R 40

Geklassifiseer met foto:  50mm x 64mm - R 65

5x2 -  50mm x 64mm -R171

6x3  - 60mm x 97mm-R390

10x2 - 100mm x 64mm-R390

10x4 - 100mm x 129mm – R780

10x8 - 100mm x 262mm - R1565

13x3 - 130mm x 97mm - R780

13x6 - 196mm x 130mm - R1565

20x4 - 200mm x 129mm - R1565

20x8 - 200mm x 262mm - R2860

Skole en Kerke:  20 % afslag op bogenoemde pryse.

Ons kan met trots sê dat ons die nuus EN stories van ons plaaslike gemeenskap, dit hou die mense geïnteresseerd en is dus ‘n pluspunt vir adverteerders omdat dit gewaarborg word dat advertensies gesien word. Ons hou die koerant vol interessante gebeure en ontwerp advertensies van puik gehalte.

Indien enige additionele vrae, kontak my gerus.

 

heading-iconAdvertensie in Onze Nuus


  Die Onze Nuus koerant versprei die gemeenskapsnuus in die  Noord-Wes/Kgetleng,  insluitende Koster,  Swartruggens, Grootpan, Syferfontein, Derby,  Boons,  Marico en Ventersdorp asook die adverteerders van Rustenburg wat dit weer vanuit hul besighede versprei.

  Ons bied 'n diens waar ons die belange van die dorpe op ons hart dra. Die koerant word volkleur in tabletgrootte (A3) gedruk en daar word 5000 eksemplare  versprei.   
  Ons versprei deur persoonlik af te lewer aan kettingwinkels, drankwinkels sportsklubs, vulstasies, skole, ouetehuise, sakeondernemings asook by veilings wat aangebied word. PLEKKE EN MENSE WAT SAAKMAAK.  Ons verwelkom berigte van die publiek en dit sal gratis geplaas word indien dit nie advertensie verwant.

  Ons kan met trots sê dat ons die nuus EN stories van ons plaaslike gemeenskap publiseer, dit hou die mense geïnteresseerd en is dus ‘n pluspunt vir adverteerders omdat dit gewaarborg word dat advertensies gesien word. Ons hou die koerant vol interessante gebeure en ontwerp advertensies van puik gehalte.

Behalwe dit: Maak ons seker dat ons gereelde Facebook bemarking doen, en is ook besig met “”My Town Hub” ontwikkeling om sodoende ‘n meer digitale platform te skep vir bemarking.

Hoe vinniger ons versekering kry van jou avertensie hoe verder voor in die koerant kan ons die plasing doen.  Die bogenoemde tariewe geld nie vir voorblad advertensie nie.  Inden jy op die voorblad sou wou adverteer moet ons 30 % by bognoemde prys voeg.

Indien enige addisionele vrae, kontak my gerus.

Claudia van der Nest, 082 444 9642, Redaksie




 


 

heading-iconOom Koos Malan van Doornpoort. (Deel 2)


Oom Koos Malan van Doornpoort. (Deel 2)

In die vorige uitgawe het samesteller vertel van Oom Koos se kinderlewe as Trekkerkind, sy eerste huwelik en hoe hy as 52 – jarige patriarg sy gesin na Doornpoort (naby Koster) geneem het. Daar is vertel van sy sakevernuf, die suksesvolle boerdery, sy aandeel as volksraadslid aan die Zuid – Afrikaanse Republiek en sy vriendskap met President Paul Kruger. Spekulasies oor sy permanente of sporadiese deelname aan die Anglo – Boereoorlog is bespreek .

Lees nou verder… Die oggend van die 11de Julie, 1901, het die werf en omgewing van Doornpoort behoorlik gewemel van die kakies. Fiete oor wat werklik daardie oggend gebeur het, verskil. Vele vrae bly onbeantwoord, Bv. wie Koos se graf gegrawe het, hom begrawe het, of daar ‘n diens gehou is, of ‘n kis beskikbaar was, ens. ens. Net 4 bronne meld iets van Koos se dood.

A) Die dokument wat grootliks gebruik is vir die artikel, nl. die boek: “ GETROU TOT DIE DOOD” van Paul Greyling, noem dat ‘n handgeskrewe dokument, opgestel as ‘n berig in” DIE TRANSVALER” in 1940 verskyn het. Familie vermoed die skrywer is Alwyn Petrus Malan ( gebore 1907) wat jare lank professor was aan die universiteit van die Oranje – Vrystaat. Die berig verskyn onder die opskrif: “Dapper krygsman veg tot die dood. Boereheld wat geen vrees geken het nie” Die skrywer noem dat Koos Malan die Junie-oggend van 1901 , ná hy verneem het dat die Britte in die algemene rigting van Doornpoort in aantog was, te perd uitgery het om te spioeneer. Koos het , toe hy die Britte gewaar ,sy weg oopgesien om die bure ( waarvan heelwat op daardie stadium ook op hul plase was van kommando om te help oes insamel) te waarsku dat hulle so vinnig moontlik noordwaarts moes wegkom omdat meeste se perde onuitgerus en in ‘n swak toestand was. Hy wou die situasie monitor en sou later volg op sy staatmaker perd. Hy neem toe skuiling op ‘n randjie noord van sy plaaswoning, om die troepebeweging dop te hou. Blykbaar het hy sy perd agter die randjie vasgemaak, onbewus (op daardie stadium) van nog ‘n verbytrekkende Britse kolonne. Toe hy begin skiet op die Engelse soldate voor hom (wat nou baie naby die plaaswoning en buitegeboue moes wees) storm die soldate agter die randjie nader. Koos Malan was manalleen in ‘n geveg met ‘n oormag soldate betrokke. Natuurlik was die oormag vir hom te veel. Hy kon ook nie sy perd bereik nie en moes aanhou vuur. (Die Boere het gewoonlik met Mausers geskiet). Hy was ‘n man wat al vantevore by meer as een geleentheid verklaar het dat hy hom aan geen Engelsman sou oorgee nie. Volgens berig, het hy 11 soldate en een offisier doodgeskiet voordat die oormag te veel was : hy is met geweld gepak, aan sy arms vasgehou en twee koeëls is op kort afstand deur sy hart gejaag. Al sy klere, behalwe sy onderhemp is uitgetrek en 3 groot klippe is op sy liggaam geplaas.

B) Op 9 September 1948, skryf ene Jacques Malan ‘n berig in die tydskrif : “DIE NAWEEK” Vermoede is dat Malan waarskynlik sy inligting uit “DIE TRANSVALER” gekry het en moontlik met Doornpoorters gepraat het, want hy noem die twee jongste kinders van Oom Koos , wat beide op daardie stadium bejaardes was. In sy weergawe noem hy dat Oom Koos se klere in ‘n rol gebind is en op die saal van sy perd vasgemaak is. Sy groot (nuwe) trouring is deur ‘n Engelse offisier met ‘n ‘ joiner” na sy vrou (‘n weduwee Putter met wie hy drie Maande vantevore getroud is,) gestuur. ‘ n Getroue huisjong, wat glo op ‘n afstand getuie was van die gebeure op die koppie, het Oom Koos se lyk gaam uitwys. Dit was nog warm. Kan u as leser u indink in die gemoedstoestand waarin die vroue op die werf hulle bevind het? Met die skokkende besef dat hul vader, eggenoot en grootvader sopas deur die vyand doodgeskiet is, wod die plaashuis en buitegeboue aan die brand gesteek en moes hulle hul gereedmaak om weggevoer te word na ‘n konsentrasiekamp.

C) Nog ‘n belangrike bron oor wat die dag gebeur het, is die boekie:”VROUENVERDRIET” deur Petronella van der Walt, ‘n skoonsuster van Koos Malan wat haar herinneringe aan die kamptye voor 1912 neergeskryf het.Haar bron van inligting was waarskynlik van die vroue van Doornpoort, waarvan haar eie dogter (getroud met een van Koos se seuns, Francoise Alwyn,) een was. Sy skryf hoedat die oggend toe hul dogter en haar skoonsusters gevang is, die vyand die oue Jacobus Malan, vroeër lid van die volksraad en ‘n patriot van die voorste water, doodgeskiet het.”Hy wou sig nie gevange ge’ nie, en toen hy g’n kans meer siet om weg te vlug het hij sig tegegeset net so hard als hij kon, totdat hul die oue man eindelik doodgeskiet’t.” ‘n Goue ring, wat van sy vinger afgehaal is, is as bewys aan sy vrou gegee. Sy ryperd, nog met die kossakkie aan die saal vasgemaak, word deur ‘n Engelse soldaat opgesaal om die vroue en kinders na die konsentrasiekampe te vergesel.

D) Dis tog jammer dat geen opgetekende data in dokumente van bekendes/sy eie familie of van Boereleiers verskyn nie, behalwe dié woorde van ‘n “ joiner” ene P. J. du Toit, wat hom gedurende dié tyd te Ventersdorp bevind het. Onder die datum: 17 Julie 1901, skryf hy: ”Also news that old Koos Malan was shot and would not ‘hands up’” Volgens Paul Greying , skrywer van die biografie van Koos Malan, is die Engelse woorde die kortste en beste getuigskrif van die karakter van Koos Malan, want hy sou nie en wou nie sy wapen sonder ‘n geveg aan sy aartsvyande afstaan nie. Redaksie bedank die Malan nasate wat Paul Greyling se biografie aan ons geleen het vir die artikels. Ons wens die Malans van Doornpoort en hul nageslag alles van die beste toe. Wat ‘n voorreg om so ‘n oupagrootjie en oorgrootjie as voorbeeld te gehad het. Wat ‘n voorbeeld van onwrikbare Afrikaner getrouheid aan ‘n hoër ideal. (Saamgestel deur Madelé Heymans).


 


 

heading-iconPatriotisme Herleef in Koster, Noord-Wes


Met die Republiekwording op 31 Mei 1961, is ’n baken deur die inwoners van Koster in die vorm van ’n stapel klippe voor die stadhuis opgerig. Spoedig het die gedagte by die dorpsraad ontstaan om ’n monument op te rig wat die verkryging van die republikeinse staatsvorm op ’n meer blywende wyse kan uitbeeld.

Meneer DJ Seymore, die voorsitter van die dorpsraad, en meneer PW van der Walt, die stadsklerk, het die monument in oorleg met meneer WP Anderson van Rustenburg ontwerp. Meneer Anderson se firma was ook vir die maak en oprigting van die granietmonument verantwoordelik.

Die voetstuk van die vier-en-‘n-half meter hoë gedenkteken is gebou met die klippe wat met republiekwording daar gestapel is. Bokant die voetstuk is vier granietpanele, reghoekig tot mekaar om die monument aangebring, waarop respektiewelik die Republiekwapen, die dorpswapen, die oprigtingsgegewens en ’n fakkel uitgegraveer is. ’n Gedenknaald, wat toekomsvisie voorstel, vloei uit die panele na bo. ’n Wawiel is op die naald uitgebeeld. Dit stel die Voortrekkers se trek na die binneland voor, waar hulle ’n aantal republikeinse regeringsvorms ingestel het. Graniet, die materiaal waarvan die monument gebou is, stel standvastigheid voor.

Op 30 Mei 1962 is die gedenkteken deur doktor Albert Hertzog, toenmalige Minister van Gesondheid en Pos- en Telegraafwese, onthul. By dié geleentheid het hy gesê dat Suid-Afrika nie ’n land vir sagte en verwyfde mense is nie, maar dat die volk taak moet wees, en ook gereed om die hoogste offer vir die Republiek te bring. Hy het die verwagting uitgespreek dat Suid-Afrikaners sterk genoeg is om die probleme van die toekoms op te los.

’n Sentlegging op die dag van die onthulling is gebou om fondse in te samel, maar die dorpsraad het feitlik die totale koste van R2000 self gedra.

Die betekenis van republiekwording soos versinnebeeld deur die Koster-monument en trouens ander Republiekmonumente, lê daarin dat die Boererepublieke wat op 31 Mei 1902 hul onafhanklikheid verloor het, herleef het. Paul Kruger het reeds in sy laaste boodskap aan sy volk verklaar dat die Afrikanervolk sy ideale kan bereik deur eenheid van wil en kragte. Eers byna 60 jaar later sou die vreedsame terugkeer tot ’n republiek geskied.

In teenstelling met die Republiek en sy monumente, soos dié een op Koster wat bly voortbestaan het, het die aanslae van die veranderende wêreld die een na die ander Westerse gedenktekens elders in Afrika laat verdwyn. As sodanig dien die Koster-monument tot eer van Afrikaners wat in die tydperk van Britse monargie steeds die geloof in ’n Afrikaner-ideaal, naamlik die republiek, wakker gehou het

Uittreksel uit:Rautenbach, T.C. 1989. Republiekmonument. InAfrikanerbakens, Aucklandpark: FAK, pp. 166–167.

As mens die stuk lees dan besef jy dat die vroeëre inwoners van Koster trots was op hul dorp, kultuur en erfenis. Moet ons nie voortbou daarop nie? Ons moet weer ons patriotime laat herleef. In die Nuwe Suid Afrika smelt Afrikanerskap weg, ons nageslag word nie meer van hierdie geskiedenis geleer nie. Dat ons deel is van ‘n Republiek raak verlore, maar tog op alle geografiese karate en ons bank note is dit nòg die Republiek van Suid Afrika

Stella Potgieter

0849914303




 


 

Directory

Featured